8 Daar het ’n nuwe koning oor Mitzrayim opgestaan wat Yosef nie geken het nie.
9 Hy het aan sy mense gesê: “Let op, die volk van die seuns van Yisra’el is meer en kragtiger as ons.
10 Kom, laat ons hulle met wysheid hanteer sodat hulle nie kan vermeerder en in die geval van oorlog, hulle ook by ons vyande aansluit en teen ons veg en uit die land uit weggaan nie.”
11 Hulle het daarom taakmeesters oor hulle aangestel om hulle te onderdruk met harde arbeid en hulle het die voorraadstede Pitom en Ra’amses vir Farao gebou.
12 Hoe meer hulle hul onderdruk het, hoe meer het hulle vermenigvuldig en versprei en hulle was bang vir die seuns van Yisra’el.
13 Die Mitzrayiete het die seuns van Yisra’el om hierdie rede hard laat werk
14 en hulle lewe bitter gemaak deur swaar werk met klei, bakstene en deur allerhande werk in die landerye. Al dié werk wat hulle hul laat doen het was met hardheid.