22 Moshe het sy hand uitgesteek na die hemele en daar was ’n dik duisternis oor die hele land van Mitzrayim vir drie dae lank.
23 Hulle het mekaar nie gesien nie en niemand het van sy plek af opgestaan vir drie dae nie, maar al die kinders van Yisra’el het lig in hulle huise gehad.
24 Farao het Moshe laat roep en gesê: “Gaan heen, dien יהוה; net julle kleinvee en julle beeste moet agtergehou word. Selfs julle kinders kan met julle saamgaan.”
25 Moshe antwoord: “U moet ons tog offers en brandoffers saam gee dat ons offerandes aan יהוה, ons God, kan bring;
26 daarom sal ons lewende hawe ook saam met ons gaan: daar mag geen klou agterbly nie, want ons moet daarvan vat om יהוה, ons God, te dien en ons weet nie waarmee ons יהוה, ons God, moet dien voordat ons daar kom nie.”
27 יהוה het Farao se wil, emosie en verstand onveranderlik gemaak en hy wou hulle nie laat gaan nie.
28 Farao sê vir hom: “Gaan weg van my af! Pas op, jy sal my gesig nie weer sien nie, want die dag waarop jy my gesig sien, sal jy sterf.”