7 Farao se diensknegte vra vir hom: “Hoe lank sal die man vir ons ’n strik wees? Laat die manne gaan dat hulle יהוה, hulle God, kan dien. Weet u nog nie dat Mitzrayim vernietig is nie?”
8 Moshe en Aharon is teruggebring na Farao toe en hy sê vir hulle: “Gaan, dien יהוה, julle God. Wie is dit wat gaan?
9 Moshe antwoord: “Ons sal gaan met ons jong mense en ons ou mense, met ons seuns en ons dogters; met ons kleinvee en ons beeste sal ons gaan, want ons moet ’n fees hou vir יהוה.”
10 Hy sê vir hulle: “יהוה is met julle as ek ooit julle en julle kinders sal laat gaan! Let op, want die bose is in julle gedagtes.
11 Nie so nie! Gaan nou, julle manne en dien יהוה, want dít is wat julle begeer het.” Hulle is uit Farao se teenwoordigheid uitgedryf.
12 יהוה sê vir Moshe: “Steek jou hand uit oor die land van Mitzrayim vir die sprinkane sodat hulle kan opkom oor die land van Mitzrayim en al die plante van die land opeet, alles wat die hael laat oorbly het.”
13 Moshe het sy staf oor die land van Mitzrayim uitgesteek en יהוה het ’n oostewind in die land gebring, daardie hele dag en die hele nag; toe dit oggend word, het die oostewind die sprinkane gebring.