2 “Hierdie maand sal vir julle die begin van die maande wees; dit sal vir julle die eerste van die maande van die jaar wees.
3 Praat met die hele vergadering van Yisra’el en sê: Op die tiende van hierdie maand sal elke man vir homself, volgens die huis van sy vader, ’n lam vat. ’n Lam vir elke huishouding.
4 As ’n huisgesin te klein is vir ’n lam, dan moet hy en sy buurman, wat langs sy huis is, dit vat volgens die getal mense; na wat elkeen gewoond is om te eet, moet julle die getal op die lam bereken.
5 Julle lam moet perfek, sonder fout wees, ’n rammetjie in sy eerste jaar. Julle mag dit uit die skape of uit die bokke vat.
6 Julle moet dit oppas tot die veertiende dag van dieselfde maand, dan moet die hele vergadering van Yisra’el dit teen sonsondergang slag.Luk 22:7
7 Julle moet van die bloed vat en dit aan die twee deurposte en aan die bo-kosyn van die huise waarin hulle dit eet, smeer.
8 Julle moet die vleis in daardie nag eet, oor die vuur gebraai; saam met ongesuurde brode en bitter kruie moet julle dit eet.