25 Dit sal wees as julle in die land kom wat יהוה aan julle sal gee, soos Hy beloof het dat julle hierdie diens sal hou
26 en as julle seuns julle sal vra: ‘Wat beteken die diens?’
27 dan moet julle sê: ‘Dit is die Pesagoffer aan יהוה, wat by die huise van die seuns van Yisra’el in Mitzrayim verbygegaan het, toe Hy die Mitzrayiete geslaan, maar ons huise gespaar het’.” Toe het die volk neergebuig en met hulle gesigte op die grond gelê.
28 Die seuns van Yisra’el het gegaan en gedoen soos יהוה aan Moshe en Aharon beveel het, so het hulle gedoen.
29 Dit het gebeur om middernag dat יהוה al die eersgeborenes in Mitzrayim geslaan het; van die eersgeborene van Farao af, wat op sy troon gesit het, tot by die eersgeborene van die gevangene wat in die tronk was, asook al die eersgeborenes van die diere.
30 Farao het in die nag opgestaan, hy, al sy diensknegte en al die Mitzrayiete en daar was ’n groot uitroep in Mitzrayim, want daar was geen huis waarin iemand nie dood is nie.
31 Hy het Moshe en Aharon in die nag laat roep en gesê: “Staan op, gaan weg onder my volk uit, julle sowel as die seuns van Yisra’el en gaan dien יהוה soos julle gesê het.