30 Farao het in die nag opgestaan, hy, al sy diensknegte en al die Mitzrayiete en daar was ’n groot uitroep in Mitzrayim, want daar was geen huis waarin iemand nie dood is nie.
31 Hy het Moshe en Aharon in die nag laat roep en gesê: “Staan op, gaan weg onder my volk uit, julle sowel as die seuns van Yisra’el en gaan dien יהוה soos julle gesê het.
32 Vat ook julle kleinvee en julle beeste saam soos julle gesê het, gaan weg en seën my ook.”
33 Die Mitzrayiete het aangehou by die volk, om hulle haastig uit die land uit te stuur, want hulle het gedink: ‘Ons sal almal sterf!’
34 Toe neem die volk hulle deeg voordat dit ingesuur was, met hulle bakskottels, in hulle klere toegebind, op die skouers.
35 Die seuns van Yisra’el het gedoen volgens die woord van Moshe: hulle het van die Mitzrayiete silwer en goue goed en klere gevra
36 en יהוה het aan die volk guns verleen in die oë van die Mitzrayiete en dié het hulle versoek toegestaan. So het hulle die Mitzrayiete geplunder.