37 Die seuns van Yisra’el het van Ra’amses na Sukkot gereis, omtrent ses honderd duisend manne te voet, buiten die kinders.
38 ’n Gemengde menigte van mense het ook saam met hulle opgegaan en troppe kleinvee en beeste; uitermate baie lewende hawe.
39 Hulle het van die deeg wat hulle uit Mitzrayim gebring het, ongesuurde koeke gebak, want dit was nie ingesuur nie omdat hulle uit Mitzrayim uitgedryf is en hulle dus nie plat koeke kon bak nie en ook geen kos vir hulleself voorberei het nie.Eks 12:15
40 Die tyd wat die seuns van Yisra’el in Mitzrayim gebly het, was vier honderd en dertig jaar.
41 Dit het gebeur aan die einde van vier honderd en dertig jaar, op dieselfde dag het dit gebeur dat al die leërmagte van יהוה uit Mitzrayim uitgegaan het.
42 Dit is ’n nag van herinnering tot eer van יהוה omdat Hy hulle uit Mitzrayim uitgebring het. Dit is dié nag van יהוה, ’n vasgestelde tyd om onderhou te word deur al die seuns van Yisra’el in hulle geslagte.
43 יהוה het vir Moshe en Aharon gesê: “Dit is die instelling van die Pesag: géén vreemdeling mag daarvan eet nie,