5 Dit is aan die koning van Mitzrayim vertel dat die volk gevlug het en die wil, emosie en denke van Farao en van sy diensknegte het teenoor die volk verander en hulle sê: “Hoekom het ons dit gedoen en Yisra’el laat trek sodat hulle ons nie meer dien nie?”
6 Hy het sy strydwa gereed gemaak en sy mense saam met hom gevat.
7 Hy het ses honderd uitgesoekte strydwaens en al die strydwaens van Mitzrayim, met gekose kapteins oor elkeen van hulle, gevat.
8 יהוה het die wil, emosie en verstand van Farao, die koning van Mitzrayim, onveranderlik gemaak sodat hy die seuns van Yisra’el agtervolg het en die kinders van Yisra’el het deur ’n hoë Hand uitgetrek.
9 Die Mitzrayiete het hulle agtervolg; al Farao se perde en strydwaens, sy ruiters en sy leërmag en hulle ingehaal terwyl hulle gekamp het by die see langs Pi-Hagirot, voor Ba’al-Tz’fon.
10 Toe Farao naby kom, slaan die seuns van Yisra’el hulle oë op en, let op, die Mitzrayiete trek agter hulle aan. Hulle het baie bang geword en die kinders van Yisra’el het uitgeroep tot יהוה.
11 Hulle het vir Moshe gesê: “Omdat daar in Mitzrayim geen grafte is nie, het u ons saamgevat om in die wildernis dood te gaan? Hoekom het u so met ons gemaak en ons uit Mitzrayim uitgebring?