18 יהוה sal regeer vir ewig en ewig,
19 want Farao se perde, met sy strydwaens en ruiters, het in die see ingegaan en יהוה het die waters van die see oor hulle laat terugkom, maar die seuns van Yisra’el het op droë grond deur die see geloop.”
20 Miryam, die profetes, die suster van Aharon, het ’n tamboeryn in haar hand gevat en al die vroue het agter haar uitgegaan, met tamboeryne en danse.
21 Miryam het hulle geantwoord: “Sing tot eer van יהוה, want Hy is hoog verhewe. Hy het die perd met sy ruiter in die see gegooi.”
22 Moshe het die Yisra’eliete verder gevat van die Sufsee af en hulle het uitgetrek in die wildernis van Shur in. Hulle het drie dae lank in die wildernis ingetrek en geen water gekry nie.
23 Toe hulle by Marah kom, kon hulle die water van Marah nie drink nie, want dit was bitter; daarom het die plek die naam, Marah.
24 Toe kla die volk teen Moshe en sê: “Wat moet ons drink?”