21 Miryam het hulle geantwoord: “Sing tot eer van יהוה, want Hy is hoog verhewe. Hy het die perd met sy ruiter in die see gegooi.”
22 Moshe het die Yisra’eliete verder gevat van die Sufsee af en hulle het uitgetrek in die wildernis van Shur in. Hulle het drie dae lank in die wildernis ingetrek en geen water gekry nie.
23 Toe hulle by Marah kom, kon hulle die water van Marah nie drink nie, want dit was bitter; daarom het die plek die naam, Marah.
24 Toe kla die volk teen Moshe en sê: “Wat moet ons drink?”
25 Hy het uitgeroep na יהוה en יהוה het vir hom ’n boom gewys. Toe hy dit in die water gegooi het, is die water soet gemaak. Daar het Hy vir hulle wette en riglyne geleer en hulle daar beproef
26 en gesê: “As julle getrou na die stem van יהוה, julle God, luister en doen wat reg is in Sy oë, luister na Sy opdragte en al Sy wette hou, dan sal Ek geeneen van die siektes op jou lê wat Ek op die land van Mitzrayim gelê het nie, want Ek, יהוה, is die Een wat jou gesond maak.”
27 Hulle het by Eilim gekom, waar twaalf waterfonteine en sewentig palmbome was en het daar, by die water, kamp opgeslaan.