1 Hulle het van Eilim af weggetrek en die hele vergadering van die seuns van Yisra’el het in die wildernis van Sien gekom, wat tussen Eilim en Sinai lê, op die vyftiende dag van die tweede maand nadat hulle uitgetrek het uit die land van Mitzrayim.
2 Die hele vergadering van die seuns van Yisra’el het in die wildernis teen Moshe en Aharon gebrom.
3 Die seuns van Yisra’el het vir hulle gesê: “Het ons maar in Mitzrayim deur die hand van יהוה gesterf toe ons by die vleispotte gesit en brood geëet het tot versadiging toe, want julle het ons in hierdie wildernis uitgelei om hierdie hele vergadering van honger te laat doodgaan.”
4 יהוה sê vir Moshe: “Let op, Ek sal vir julle brood uit die hemele laat reën; dan moet die volk uitgaan en dag vir dag bymekaarmaak sodat Ek hulle kan toets, of hulle volgens My instruksies (Torah) sal loop of nie.Num 11:7,8; Ps 105:40; Yog 6:32
5 Dit sal wees dat op die sesde dag, as hulle voorberei wat hulle inbring, dit dubbel soveel sal wees as wat hulle daagliks bymekaarmaak.”