11 יהוה het met Moshe gepraat en gesê:
12 “Ek het die klagtes van die seuns van Yisra’el gehoor; praat met hulle en sê: In die aand sal julle vleis eet en in die oggend met brood versadig word en julle sal weet dat Ek יהוה, julle God, is.”
13 So het dit gebeur dat teen sonsondergang daar kwartels opgekom en die kamp toegedek het en in die oggend was daar ’n laag dou rondom die kamp.
14 Nadat die laag dou opgetrek het, het daar oor die wildernis iets gelê wat fyn en korrelrig was, so fyn soos ryp op die grond.
15 Toe die seuns van Yisra’el dit sien, sê hulle vir mekaar: “Wat is dit? (Man hu?)” Want hulle het nie geweet wat dit was nie. Moshe sê vir hulle: “Dit is die brood wat יהוה vir julle gee as kos.Num 11:7,8; Ps 105:40; Yog 6:32
16 Dit is wat יהוה beveel het: ‘Laat elke man kos bymekaarmaak vir elke mond, ’n `omer vir elke kop, laat elkeen vat volgens die mense in sy tent’.”
17 Die seuns van Yisra’el het so gedoen: hulle het bymekaargemaak, sommige meer, ander minder,