14 Nadat die laag dou opgetrek het, het daar oor die wildernis iets gelê wat fyn en korrelrig was, so fyn soos ryp op die grond.
15 Toe die seuns van Yisra’el dit sien, sê hulle vir mekaar: “Wat is dit? (Man hu?)” Want hulle het nie geweet wat dit was nie. Moshe sê vir hulle: “Dit is die brood wat יהוה vir julle gee as kos.Num 11:7,8; Ps 105:40; Yog 6:32
16 Dit is wat יהוה beveel het: ‘Laat elke man kos bymekaarmaak vir elke mond, ’n `omer vir elke kop, laat elkeen vat volgens die mense in sy tent’.”
17 Die seuns van Yisra’el het so gedoen: hulle het bymekaargemaak, sommige meer, ander minder,
18 maar toe hulle dit met die `omer meet, het hy wat baie bymekaargemaak het, niks oorgehad nie en hy wat min bymekaargemaak het, nie te min gehad nie.2 Kor 8:15 Elkeen na sy behoefte het hulle bymekaargemaak.
19 Moshe het vir hulle gesê: “Niemand moet daarvan laat oorbly tot die oggend toe nie.”
20 Nogtans het hulle nie na Moshe geluister nie: sommige het daarvan laat oorbly tot die oggend toe en daar het wurms ingekom en dit het gestink. Moshe was woedend vir hulle.