18 maar toe hulle dit met die `omer meet, het hy wat baie bymekaargemaak het, niks oorgehad nie en hy wat min bymekaargemaak het, nie te min gehad nie.2 Kor 8:15 Elkeen na sy behoefte het hulle bymekaargemaak.
19 Moshe het vir hulle gesê: “Niemand moet daarvan laat oorbly tot die oggend toe nie.”
20 Nogtans het hulle nie na Moshe geluister nie: sommige het daarvan laat oorbly tot die oggend toe en daar het wurms ingekom en dit het gestink. Moshe was woedend vir hulle.
21 Hulle het dit oggend na oggend bymekaargemaak, elkeen na sy behoefte en wanneer die son warm word, smelt dit weg.
22 Op die sesde dag het hulle twee maal soveel brood bymekaargemaak, twee `omers vir elkeen en al die owerstes van die vergadering het gekom en aan Moshe gerapporteer
23 en hy sê vir hulle: “Dit is wat יהוה gesê het: Môre is dit ’n rusdag, ’n afgesonderde Shabbat tot יהוה. Wat julle wil bak, bak dit en wat julle wil kook, kook dit en bêre vir julle alles wat oor is, om dit te bewaar tot die oggend toe.”Eks 12:16; Eks 35:3
24 Hulle het dit gebêre tot die oggend toe, soos Moshe beveel het en dit het nie gestink nie en daar was ook nie wurms in nie.