25 Moshe sê: “Eet dit vandag, want dit is vandag ’n Shabbat tot יהוה. Vandag sal julle dit nie in die veld kry nie.
26 Ses dae lank moet julle dit bymekaarmaak, maar op die sewende dag is dit Shabbat, dan sal dit nie daar wees nie.”
27 Dit het gebeur dat sommige mense op die sewende dag uitgegaan het om bymekaar te maak, maar hulle het niks gekry nie.
28 יהוה sê vir Moshe: “Hoe lank weier julle om My opdragte en My wette uit te voer?
29 Gee aandag: aangesien יהוה vir julle die Shabbat gegee het, gee Hy vir julle op die sesde dag brood vir twee dae. Laat elkeen in sy plek bly; laat niemand op die sewende dag van sy blyplek af weggaan nie.”
30 So het die volk op die sewende dag gerus.
31 Die huis van Yisra’el het dit ‘man hu’ genoem en dit was wit soos koljandersaad en dit het gesmaak soos wafelkoek met heuning gemaak.