28 יהוה sê vir Moshe: “Hoe lank weier julle om My opdragte en My wette uit te voer?
29 Gee aandag: aangesien יהוה vir julle die Shabbat gegee het, gee Hy vir julle op die sesde dag brood vir twee dae. Laat elkeen in sy plek bly; laat niemand op die sewende dag van sy blyplek af weggaan nie.”
30 So het die volk op die sewende dag gerus.
31 Die huis van Yisra’el het dit ‘man hu’ genoem en dit was wit soos koljandersaad en dit het gesmaak soos wafelkoek met heuning gemaak.
32 Toe sê Moshe: “Dit is wat יהוה beveel het: ’n `omer vol moet daarvan bewaar word vir julle geslagte sodat hulle die brood kan sien wat Ek julle in die wildernis laat eet het, toe Ek julle uit die land van Mitzrayim uitgelei het.”
33 Moshe sê vir Aharon: “Vat ’n pot en gooi ’n `omer vol ‘man hu’ daarin en sit dit voor יהוה neer, om dit vir julle geslagte te bewaar.”
34 Soos יהוה Moshe beveel het, so het Aharon dit voor die Getuienis neergesit om bewaar te word.