3 Die seuns van Yisra’el het vir hulle gesê: “Het ons maar in Mitzrayim deur die hand van יהוה gesterf toe ons by die vleispotte gesit en brood geëet het tot versadiging toe, want julle het ons in hierdie wildernis uitgelei om hierdie hele vergadering van honger te laat doodgaan.”
4 יהוה sê vir Moshe: “Let op, Ek sal vir julle brood uit die hemele laat reën; dan moet die volk uitgaan en dag vir dag bymekaarmaak sodat Ek hulle kan toets, of hulle volgens My instruksies (Torah) sal loop of nie.Num 11:7,8; Ps 105:40; Yog 6:32
5 Dit sal wees dat op die sesde dag, as hulle voorberei wat hulle inbring, dit dubbel soveel sal wees as wat hulle daagliks bymekaarmaak.”
6 Moshe en Aharon sê vir al die seuns van Yisra’el: “Teen sonsondergang sal julle weet dat יהוה julle uit die land van Mitzrayim uitgelei het
7 en in die oggend sal julle die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van יהוה sien omdat Hy julle gebrom teen יהוה gehoor het, want wat is ons dat julle teen ons kla?”
8 Moshe het gesê: “Wanneer יהוה julle vleis gee om te eet teen sonsondergang en in die oggend brood tot vervullens toe, dan het יהוה julle gebrom gehoor wat julle teen Hom kla, want wat is ons? Julle gebrom is nie teen ons nie, maar teen יהוה.”
9 Moshe het met Aharon gepraat: “Sê vir die hele vergadering van die seuns van Yisra’el: Kom nader voor יהוה, want Hy het julle klagtes gehoor.”