33 Moshe sê vir Aharon: “Vat ’n pot en gooi ’n `omer vol ‘man hu’ daarin en sit dit voor יהוה neer, om dit vir julle geslagte te bewaar.”
34 Soos יהוה Moshe beveel het, so het Aharon dit voor die Getuienis neergesit om bewaar te word.
35 Die seuns van Yisra’el het die ‘man hu’ veertig jaar lank geëet totdat hulle in ’n bewoonde land gekom het. Hulle het ‘man hu’ geëet totdat hulle by die grens van die land Kena’an gekom het.
36 ’n `Omer is die tiende van ’n efa.