1 Yitro, die nie-Levitiese priester van Midyan, Moshe se skoonvader, het alles gehoor wat God vir Moshe en vir Sy volk Yisra’el gedoen het; hoe יהוה Yisra’el uit Mitzrayim uitgebring het.
2 Yitro, Moshe se skoonvader, het Tzipporah, die vrou van Moshe (nadat hy haar teruggestuur het)
3 en haar twee seuns, gevat. Die naam van die een was Gershom, want hy het gesê: ‘Ek was ’n besoeker in ’n vreemde land;’Hand 7:29
4 en die naam van die ander was Eli’eser, want, het hy gesê, ‘die God van my vader is my Hulp en het my van Farao se swaard bevry.’
5 Yitro, Moshe se skoonvader, het met sy seuns en sy vrou na Moshe gekom in die wildernis waar hy by die berg van God kamp opgeslaan het.