13 So was dit dat Moshe die volgende dag gesit het om te oordeel vir die volk en die volk het voor Moshe gestaan van die oggend af tot die aand toe.
14 Toe Moshe se skoonvader alles sien wat hy vir die volk doen, sê hy: “Wat is dit wat jy vir die volk doen? Waarom sit jy alleen as regter en die hele volk staan voor jou van die oggend af tot die aand toe?”
15 Moshe antwoord sy skoonvader: “Omdat die volk na my toe kom om God te raadpleeg.
16 As hulle ’n saak het, kom dit na my toe en ek oordeel tussen ’n man en sy naaste en maak die opdragte en wette van God bekend.”
17 Moshe se skoonvader sê vir hom: “Die ding wat jy doen, is nie goed nie.
18 Beide jy en die mense wat saam met jou is, sal heeltemal uitgeput raak, want die saak is ’n te groot las vir jou; jy kan dit nie alleen doen nie.
19 Luister nou na my stem; ek sal jou raad gee en God sal met jou wees. Wees voor God vir die volk ’n verteenwoordiger en bring jy hulle sake voor God,