16 As hulle ’n saak het, kom dit na my toe en ek oordeel tussen ’n man en sy naaste en maak die opdragte en wette van God bekend.”
17 Moshe se skoonvader sê vir hom: “Die ding wat jy doen, is nie goed nie.
18 Beide jy en die mense wat saam met jou is, sal heeltemal uitgeput raak, want die saak is ’n te groot las vir jou; jy kan dit nie alleen doen nie.
19 Luister nou na my stem; ek sal jou raad gee en God sal met jou wees. Wees voor God vir die volk ’n verteenwoordiger en bring jy hulle sake voor God,
20 leer hulle dan die opdragte en wette en maak hulle die pad bekend waarop hulle moet loop en die werk wat hulle moet doen.Efe 2:10
21 Meer nog jy moet uit die hele volk bekwame manne kies wat God respekvol vrees, manne van waarheid wat onregverdige wins haat en dié aanstel oor hulle as heersers oor ’n duisend, heersers oor ’n honderd, heersers oor vyftig en heersers oor tien
22 en hulle voortdurend oor die volk laat oordeel. Dit sal dan wees dat hulle al die groot sake na jou toe moet bring, maar in al die klein sake moet hulle self oordeel. Dit sal so makliker wees vir jou en hulle sal saam met jou die las dra.