21 Meer nog jy moet uit die hele volk bekwame manne kies wat God respekvol vrees, manne van waarheid wat onregverdige wins haat en dié aanstel oor hulle as heersers oor ’n duisend, heersers oor ’n honderd, heersers oor vyftig en heersers oor tien
22 en hulle voortdurend oor die volk laat oordeel. Dit sal dan wees dat hulle al die groot sake na jou toe moet bring, maar in al die klein sake moet hulle self oordeel. Dit sal so makliker wees vir jou en hulle sal saam met jou die las dra.
23 As jy dit doen en God dit so beveel,Num 11:16,17 dan sal jy kan uithou en sal ook al hierdie mense in vrede na hulle blyplek kan gaan.”
24 Moshe het geluister na sy skoonvader en alles gedoen wat hy gesê het.
25 Moshe het bekwame manne uit die hele Yisra’el gekies en hulle as hoofde oor die volk aangestel: heersers oor ’n duisend, oor ’n honderd, oor vyftig en oor tien.
26 Hulle het voortdurend oor die volk geoordeel: die moeilike sake het hulle na Moshe gebring, maar in al die klein sake self geoordeel.
27 Moshe het sy skoonvader gegroet en hy het na sy land toe gegaan.