24 Moshe het geluister na sy skoonvader en alles gedoen wat hy gesê het.
25 Moshe het bekwame manne uit die hele Yisra’el gekies en hulle as hoofde oor die volk aangestel: heersers oor ’n duisend, oor ’n honderd, oor vyftig en oor tien.
26 Hulle het voortdurend oor die volk geoordeel: die moeilike sake het hulle na Moshe gebring, maar in al die klein sake self geoordeel.
27 Moshe het sy skoonvader gegroet en hy het na sy land toe gegaan.