3 en haar twee seuns, gevat. Die naam van die een was Gershom, want hy het gesê: ‘Ek was ’n besoeker in ’n vreemde land;’Hand 7:29
4 en die naam van die ander was Eli’eser, want, het hy gesê, ‘die God van my vader is my Hulp en het my van Farao se swaard bevry.’
5 Yitro, Moshe se skoonvader, het met sy seuns en sy vrou na Moshe gekom in die wildernis waar hy by die berg van God kamp opgeslaan het.
6 Hy het Moshe laat weet: “Ek, jou skoonvader Yitro, kom na jou toe met jou vrou en haar twee seuns saam met haar.”
7 Moshe het uitgegaan, sy skoonvader tegemoet en hy het neergebuig en hom gesoen en hulle het na mekaar se welstand gevra en in die tent ingegaan.
8 Moshe het sy skoonvader alles vertel wat יהוה aan Farao en aan die Mitzrayiete, ter wille van Yisra’el, gedoen het; al die moeilikheid wat hulle op die pad teëgekom het en hoe יהוה hulle verlos het.
9 Yitro het hom verheug oor al die goedheid wat יהוה aan Yisra’el gedoen het, wat Hy uit die hand van die Mitzrayiete bevry het.