4 en die naam van die ander was Eli’eser, want, het hy gesê, ‘die God van my vader is my Hulp en het my van Farao se swaard bevry.’
5 Yitro, Moshe se skoonvader, het met sy seuns en sy vrou na Moshe gekom in die wildernis waar hy by die berg van God kamp opgeslaan het.
6 Hy het Moshe laat weet: “Ek, jou skoonvader Yitro, kom na jou toe met jou vrou en haar twee seuns saam met haar.”
7 Moshe het uitgegaan, sy skoonvader tegemoet en hy het neergebuig en hom gesoen en hulle het na mekaar se welstand gevra en in die tent ingegaan.
8 Moshe het sy skoonvader alles vertel wat יהוה aan Farao en aan die Mitzrayiete, ter wille van Yisra’el, gedoen het; al die moeilikheid wat hulle op die pad teëgekom het en hoe יהוה hulle verlos het.
9 Yitro het hom verheug oor al die goedheid wat יהוה aan Yisra’el gedoen het, wat Hy uit die hand van die Mitzrayiete bevry het.
10 Yitro het gesê: “Geseënd is יהוה wat julle bevry het uit die hand van die Mitzrayiete en uit die hand van Farao, wat die volk van onder die hand van die Mitzrayiete uit bevry het.