1 In die derde maand nadat die kinders van Yisra’el uit die land van Mitzrayim uitgegaan het, op dieselfde dag, het hulle in die wildernis van Sinai gekom.
2 Hulle het van Refidim af opgebreek, in die wildernis van Sinai gekom en in die wildernis kamp opgeslaan. Yisra’el het daar voor die berg kamp opgeslaan.
3 Moshe het opgeklim na God toe en יהוה het uitgeroep na hom van die berg af en gesê: “So moet jy vir die huis van Ya’akov sê en aan die seuns van Yisra’el vertel:
4 Julle het gesien wat Ek aan die Mitzrayiete gedoen het en hoe Ek julle op arendsvlerke gedra en na My toe gebring het;
5 daarom, as julle My stem sal gehoorsaam en My verbond nakom, sal julle ’n spesiale skat vir My bo al die volke wees, want die hele aarde is Myne.1 Yog 2:3