18 Die hele berg Sinai was in rook omdat יהוה in ’n vuur daarop afgekom het. Sy rook het opgetrek soos die rook van ’n hoogoond en die hele berg het vreeslik geskud.
19 Toe die klank van die ramshoring aangehou het en uitermate harder geword het, het Moshe gepraat en God het hom met ’n harde stem geantwoord.
20 יהוה het afgekom op die berg Sinai, op die top van die berg en יהוה het Moshe na die top van die berg geroep en Moshe het opgegaan.
21 יהוה het vir Moshe gesê: “Gaan af, waarsku die volk dat hulle nie moet deurbreek om יהוה te sien en baie van hulle doodgaan nie.
22 Laat ook die priesters wat naby יהוה kom, hulleself afsonder sodat יהוה nie teen hulle uitbreek nie.”
23 Moshe sê vir יהוה: “Die volk kan nie op die berg Sinai kom nie, want U het ons self gewaarsku en gesê: ‘Grens die berg af en sonder dit af ’.”
24 יהוה sê vir hom: “Gaan. Gaan af en kom weer terug, jy en Aharon saam met jou, maar die priesters en die volk mag nie deurbreek na יהוה toe nie sodat Hy nie teen hulle uitbreek nie.”