2 Hulle het van Refidim af opgebreek, in die wildernis van Sinai gekom en in die wildernis kamp opgeslaan. Yisra’el het daar voor die berg kamp opgeslaan.
3 Moshe het opgeklim na God toe en יהוה het uitgeroep na hom van die berg af en gesê: “So moet jy vir die huis van Ya’akov sê en aan die seuns van Yisra’el vertel:
4 Julle het gesien wat Ek aan die Mitzrayiete gedoen het en hoe Ek julle op arendsvlerke gedra en na My toe gebring het;
5 daarom, as julle My stem sal gehoorsaam en My verbond nakom, sal julle ’n spesiale skat vir My bo al die volke wees, want die hele aarde is Myne.1 Yog 2:3
6 Júlle sal vir My ’n koninkryk van priesters en ’n afgesonderde nasie wees. Hierdie is die woorde wat jy vir die seuns van Yisra’el moet sê.”1 Kef 2:5,9; Open 5:10; Open 20:6
7 Moshe het gekom en die oudstes van die volk laat roep en hulle al hierdie woorde voorgehou wat יהוה hom beveel het.
8 Die hele volk het saam geantwoord en gesê: “Alles wat יהוה gesê het, sal ons doen.” Moshe het die woorde van die volk teruggevat na יהוה toe.