3 Moshe het opgeklim na God toe en יהוה het uitgeroep na hom van die berg af en gesê: “So moet jy vir die huis van Ya’akov sê en aan die seuns van Yisra’el vertel:
4 Julle het gesien wat Ek aan die Mitzrayiete gedoen het en hoe Ek julle op arendsvlerke gedra en na My toe gebring het;
5 daarom, as julle My stem sal gehoorsaam en My verbond nakom, sal julle ’n spesiale skat vir My bo al die volke wees, want die hele aarde is Myne.1 Yog 2:3
6 Júlle sal vir My ’n koninkryk van priesters en ’n afgesonderde nasie wees. Hierdie is die woorde wat jy vir die seuns van Yisra’el moet sê.”1 Kef 2:5,9; Open 5:10; Open 20:6
7 Moshe het gekom en die oudstes van die volk laat roep en hulle al hierdie woorde voorgehou wat יהוה hom beveel het.
8 Die hele volk het saam geantwoord en gesê: “Alles wat יהוה gesê het, sal ons doen.” Moshe het die woorde van die volk teruggevat na יהוה toe.
9 יהוה het met Moshe gepraat: “Let op, Ek kom na jou toe in ’n dik wolk sodat die volk kan hoor as Ek met jou praat en jou vir altyd vertrou.” Toe het Moshe die woorde van die volk aan יהוה oorgedra.