16 Die nie-Levitiese priester van Midyan het sewe dogters gehad en hulle het gekom en water getrek en die drinkbakke vol gemaak om hulle vader se kleinvee te laat drink.
17 Die herders het gekom en hulle weggedryf, maar Moshe het opgestaan en hulle gehelp en hulle vee laat drink.
18 Toe hulle by hul vader Re’u’el kom, sê hy: “Waarom het julle vandag so gou gemaak?”
19 Hulle antwoord: “’n Mitzrayiet het ons uit die hand van die herders verlos en wat meer is, ook vir ons water getrek en die vee laat drink.”
20 Hy sê vir sy dogters: “Waar is hy dan? Waarom het julle die man daar laat staan? Nooi hom dat hy iets kan eet.”
21 Moshe het ingewillig om by die man te bly en hy het sy dogter Tzipporah vir Moshe gegee.
22 Sy het vir hom geboorte gegee aan ’n seun en hy het sy naam Gershom genoem, want hy het gesê: ‘Ek het ’n besoeker in ’n vreemde land geword.’Hand 7:29