5 Farao se dogter het na die rivier afgegaan om te bad terwyl haar diensmeisies aan die kant van die rivier loop. Toe sy die houer tussen die papirus sien, stuur sy haar slavin en laat dit haal.
6 Toe sy dit oopgemaak het, sien sy die seun en let op, dit was ’n seun wat huil! Sy het hom jammer gekry en gesê: “Dit is een van die seuns van die Hebreërs.”
7 Toe sê sy suster aan die dogter van Farao: “Sal ek vir u ’n vrou wat voed uit die Hebreeuse vroue gaan roep sodat sy vir u die seuntjie kan versorg?”
8 Farao se dogter antwoord haar: “Gaan.” Die jong meisie het geloop en die seun se moeder geroep.
9 Farao se dogter sê vir haar: “Vat hierdie seun en voed hom vir my en ek sal jou loon vir jou gee.” Die vrou het die seun gevat en hom gevoed.
10 Die seun het gegroei en sy het hom na Farao se dogter gebring en hy het haar seun geword. Sy het hom Moshe genoem en gesê: “Ek het hom uit die water uitgehaal.”
11 Dit het gebeur in dié dae toe Moshe al opgegroei het dat hy na sy broers uitgegaan en hulle laste gesien het. Hy het gesien hoe ’n Mitzrayiet ’n Hebreër, een van sy broers, slaan.