7 Toe sê sy suster aan die dogter van Farao: “Sal ek vir u ’n vrou wat voed uit die Hebreeuse vroue gaan roep sodat sy vir u die seuntjie kan versorg?”
8 Farao se dogter antwoord haar: “Gaan.” Die jong meisie het geloop en die seun se moeder geroep.
9 Farao se dogter sê vir haar: “Vat hierdie seun en voed hom vir my en ek sal jou loon vir jou gee.” Die vrou het die seun gevat en hom gevoed.
10 Die seun het gegroei en sy het hom na Farao se dogter gebring en hy het haar seun geword. Sy het hom Moshe genoem en gesê: “Ek het hom uit die water uitgehaal.”
11 Dit het gebeur in dié dae toe Moshe al opgegroei het dat hy na sy broers uitgegaan en hulle laste gesien het. Hy het gesien hoe ’n Mitzrayiet ’n Hebreër, een van sy broers, slaan.
12 Hy het hierdie kant en daardie kant gekyk en toe hy sien dat daar niemand was nie, het hy die Mitzrayiet doodgemaak en hom in die sand weggesteek.
13 Hy het die volgende dag uitgegaan en let op, twee Hebreërs baklei met mekaar en hy vra vir die bose oortreder: “Waarom slaan jy die ander persoon?”