15 Jy mag nie steel nie.
16 Jy mag nie vals getuig teen jou naaste nie.
17 Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie; jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy slaaf, of sy slavin, of sy os, of sy donkie, of iets wat aan jou naaste behoort nie.”Rom 7:7
18 Die hele volk het die stemme gehoor, die blitse, die klank van die ramshoring en die rokende berg gesien. Toe die volk dit sien het hulle gebewe en op ’n afstand bly staan.
19 Hulle het vir Moshe gesê: “Praat u self met ons en ons sal luister, maar laat God nie met ons praat nie sodat ons nie sterf nie.Deut 5:22-28
20 Moshe sê vir die volk: “Moenie bang wees nie, want God het gekom om julle te toets en sodat Sy vrees by julle kan bly sodat julle nie sondig nie.”
21 Die volk het op ’n afstand bly staan, maar Moshe het nader gegaan na die dik wolk waar God was.