18 Die hele volk het die stemme gehoor, die blitse, die klank van die ramshoring en die rokende berg gesien. Toe die volk dit sien het hulle gebewe en op ’n afstand bly staan.
19 Hulle het vir Moshe gesê: “Praat u self met ons en ons sal luister, maar laat God nie met ons praat nie sodat ons nie sterf nie.Deut 5:22-28
20 Moshe sê vir die volk: “Moenie bang wees nie, want God het gekom om julle te toets en sodat Sy vrees by julle kan bly sodat julle nie sondig nie.”
21 Die volk het op ’n afstand bly staan, maar Moshe het nader gegaan na die dik wolk waar God was.
22 יהוה sê vir Moshe: “So moet jy vir die seuns van Yisra’el sê: “Julle het self gesien dat Ek met julle van die hemele af gepraat het.
23 Julle mag nie vir julleself langs My, gode van silwer en gode van goud maak nie.
24 ’n Altaar van grond moet jy vir My maak en daarop moet jy jou brandoffers en vredesoffers, jou kleinvee en jou beeste, offer. Op elke plek waar Ek My Naam (Karakter en Outoriteit) sal laat onthou, sal Ek na jou toe kom en jou seën.