23 Julle mag nie vir julleself langs My, gode van silwer en gode van goud maak nie.
24 ’n Altaar van grond moet jy vir My maak en daarop moet jy jou brandoffers en vredesoffers, jou kleinvee en jou beeste, offer. Op elke plek waar Ek My Naam (Karakter en Outoriteit) sal laat onthou, sal Ek na jou toe kom en jou seën.
25 As jy vir My ’n klip altaar maak, mag jy dit nie bou van gekapte klip nie, want as jy jou gereedskap daaroor swaai, dan skend jy dit.
26 Jy mag ook nie met trappe na My altaar toe opgaan dat jou skaamte daaroor ontbloot word nie.”