8 Onthou om die Shabbatdag afgesonderd te hou.Yes 58:13; Mat 12:8; Heb 4:9
9 Ses dae moet jy werk en al jou besigheid doen,
10 maar die sewende dag is ’n Shabbat van יהוה, jou God; dan mag jy géén besigheid doen nie; nie jy of jou seun of jou dogter, of jou slaaf of jou slavin, of jou vee of jou besoeker wat by jou bly nie,
11 want in ses dae het יהוה die hemele en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin isOpen 10:6 en op die sewende dag het Hy gerus; daarom het יהוה die Shabbatdag geseën en dit afgesonder.
12 Eer jou vader en jou moeder sodat jou dae verleng mag word in die land wat יהוה, jou God, aan jou gee.Mar 7:10; Efe 6:1-3
13 Jy mag nie moord pleeg nie.Mat 5:21
14 Jy mag nie egbreuk pleeg nie.Mat 5:27