10 as hy vir hom ’n ander een vat, mag hy haar kos, haar klere en haar huweliksplig (seksuele gemeenskap) nie verminder nie
11 en as hy nie hierdie drie dinge vir haar doen nie, kan sy vry weggaan, sonder om te betaal.
12 Hy wat ’n mens slaan dat hy doodgaan, moet die dood sterf.
13 As hy egter nie daarvoor lê en wag het nie, maar God hom in sy hand laat val het, dan sal Ek vir jou ’n plek aanwys waarheen hy mag vlug,
14 maar as ’n man met voorbedagte rade teen sy naaste optree, om hom met misleiding dood te maak, moet jy hom selfs van My altaar af wegvat dat hy sal sterf.1 Kon 2:28-34
15 Hy wat sy vader of moeder slaan, moet die dood sterf.
16 Hy wat ’n mens steel en hom verkoop, of as hy in sy besit gekry word, dié moet die dood sterf.