14 maar as ’n man met voorbedagte rade teen sy naaste optree, om hom met misleiding dood te maak, moet jy hom selfs van My altaar af wegvat dat hy sal sterf.1 Kon 2:28-34
15 Hy wat sy vader of moeder slaan, moet die dood sterf.
16 Hy wat ’n mens steel en hom verkoop, of as hy in sy besit gekry word, dié moet die dood sterf.
17 Hy wat sy vader of moeder vloek, moet die dood sterf.Mat 15:4; Mar 7:10
18 As manne stry en die een die ander met ’n klip of met die vuis slaan sodat hy nie doodgaan nie, maar bedlêend word;
19 as hy weer opstaan en buite met sy staf rondloop, moet hy wat hom geslaan het, vrygestel word; net sy tydverlies moet hy vergoed en voorsien dat hy van sy beserings genees.
20 As iemand sy slaaf of slavin met ’n stok slaan dat dié onder sy hand sterwe, moet wraak geneem word om dit te wreek,