28 As ’n bees ’n man of ’n vrou deurboor sodat hy sterf, moet die bees met klippe tot die dood gestenig word en sy vleis mag nie geëet word nie, maar die eienaar van die bees sal vry wees,
29 maar as die bees tevore al met sy horings gestoot het en sy eienaar gewaarsku is, maar dit nie ingeperk het nie en dit ’n man of ’n vrou doodmaak, moet die bees gestenig word en sy eienaar moet ook gedood word.
30 As aan hom loskoopgeld opgelê word, moet hy vir die loskoping van sy lewe alles gee wat hom opgelê word.
31 Of dit ’n seun deurboor het of ’n dogter, volgens hierdie selfde oordeel moet met hom gehandel word.
32 As die bees ’n slaaf of slavin deurboor, moet hy aan hulle meester dertig sikkels silwer gee en die bees moet gestenig word.
33 As iemand ’n put oopmaak, of as iemand ’n put grawe en dit nie toemaak nie en ’n bees of donkie val daarin,
34 moet die eienaar van die put vergoeding gee: hy moet aan die eienaar van die dier geld gee en die dooie dier moet syne wees.