6 dan moet sy meester hom na God toe bring, asook na die deur of die kosyn toe bring en sy meester moet sy oor met ’n els deurboor en hy moet hom vir altyd dien.
7 As ’n man sy dogter as slavin verkoop, mag sy nie soos die slawe vry weggaan nie.
8 As sy nie aanvaarbaar gevind word in die oog van haar meester wat haar vir homself uitgehou het nie, moet hy haar laat loskoop. Hy het nie outoriteit om haar aan ’n vreemde volk te verkoop nie omdat hy ontrou teenoor haar opgetree het.
9 As hy haar aan sy seun verloof het, moet hy met haar handel volgens die gebruik van dogters;
10 as hy vir hom ’n ander een vat, mag hy haar kos, haar klere en haar huweliksplig (seksuele gemeenskap) nie verminder nie
11 en as hy nie hierdie drie dinge vir haar doen nie, kan sy vry weggaan, sonder om te betaal.
12 Hy wat ’n mens slaan dat hy doodgaan, moet die dood sterf.