23 As jy hulle enigsins leed aandoen en hulle roep uit na My toe, dan sal Ek hulle geroep sekerlik hoor
24 en My woede sal brand en Ek sal julle met die swaard ombring; julle vroue sal weduwees en julle kinders vaderloos wees.
25 As jy aan My volk, aan die arme by jou, geld leen, mag jy vir hom nie soos ’n skuldeiser wees nie: julle mag hom geen rente oplê nie.Ps 15:5
26 As jy ooit jou naaste se klere as pand neem, moet jy dit vir hom teruggee voor die son ondergaan,
27 want dit is sy enigste bedekking, dit is die klere vir sy vel. Waarin moet hy anders slaap? As hy na My roep, sal Ek hoor, want Ek is goedgunstig.
28 Jy mag die regter nie uitskel en ’n heerser oor jou volk nie vloek nie.Hand 23:4,5
29 Jy mag nie die offer van die eerste van jou oes en jou druiwe oes uitstel nie. Die eersgeborene van jou seuns moet jy aan My gee.