2 Jy mag nie die meerderheid volg in doen van boosheid nie en jy mag nie in ’n regsaak getuienis aflê agter die meerderheid aan om die reg te verdraai nie.
3 Jy mag nie partydig wees vir die arme in sy regsaak nie.
4 As jy jou vyand se bees of donkie teëkom wat wegdwaal, moet jy dit aan hom terugbesorg.
5 As jy een wat jou haat se donkie onder sy pak sien lê, moet jy dit nie aan hom oorlaat nie: jy moet hom dit help bevry.
6 Jy mag nie die reg van jou behoeftiges in hulle regsaak opsy skuif nie.
7 Hou jouself ver weg van valse aanklagte af en moenie die onskuldige en die regverdige doodmaak nie, want Ek sal die bose oortreder nie regverdig verklaar nie.
8 Jy mag ook geen omkoopgeskenk aanvaar nie, want ’n omkoopgeskenk maak die siendes blind en verdraai die woorde van die regverdiges.