8 Jy mag ook geen omkoopgeskenk aanvaar nie, want ’n omkoopgeskenk maak die siendes blind en verdraai die woorde van die regverdiges.
9 Jy mag die vreemdeling ook nie onderdruk nie, want julle verstaan self die lewe van ’n vreemdeling omdat julle vreemdelinge in Mitzrayim was.
10 Ses jaar lank moet jy jou land saai en die opbrengs daarvan inbring,
11 maar in die sewende jaar moet jy dit laat rus en braak laat lê dat die behoeftiges van jou volk kan eet en wat hulle laat oorbly, die diere van die veld kan opeet. Net so moet jy ook doen met jou wingerd en jou olyfbome.
12 Ses dae moet jy jou werk doen, maar op die sewende dag moet jy rus sodat jou os en jou donkie kan rus en die seun van jou slavin en die vreemdeling verfris kan word.
13 In alles wat Ek vir julle gesê het, wees versigtig en noem geen ander god by die naam (karakter en outoriteit) nie en laat dit uit jou mond nie gehoor word nie.
14 Drie maal per jaar moet jy vir My ’n fees hou.Lev 23