4 Moshe het al die woorde van יהוה opgeskryf en die oggend vroeg opgestaan en by die voet van die berg ’n altaar en twaalf pilare, volgens die twaalf stamme van Yisra’el, gebou.
5 Hy het jongmanne van die seuns van Yisra’el gestuur wat brandoffers geoffer het en bulle as vredesoffers vir יהוה geslag het.
6 Moshe het die helfte van die bloed gevat en dit in komme gegooi en die helfte van die bloed op die altaar gesprinkel.
7 Hy het die Boek van die Verbond gevat en dit voor die ore van die volk gelees en hulle het gesê: “Alles wat יהוה gesê het, sal ons doen en ons sal gehoorsaam wees.”Open 1:3
8 Moshe vat die bloed en sprinkel dit op die volk en sê: “Hierdie is die bloed van die verbond wat יהוה met julle gesluit het volgens al hierdie woorde.”Luk 22:20; Heb 9:20
9 Moshe het opgegaan saam met Aharon, Nadav, Avihu en sewentig van die oudstes van Yisra’el
10 en hulle het die God van Yisra’el gesien en onder Sy voete was dit net soos ’n vloerwerk van stene van saffier en so helder soos die hemele self.