15 Die pale moet in die ringe van die ark bly; hulle mag nie daar uitgehaal word nie.
16 Jy moet die Getuienis, wat Ek vir jou gee, in die ark sit.
17 Maak ook ’n toedekking van suiwer goud. Sy lengte moet twee en ’n half el en sy breedte een en ’n half el wees.
18 Maak ook twee gérubs van goud. Van gietwerk moet jy hulle maak, aan die twee ente van die toedekking.
19 Maak een gerub aan die een ent en een gerub aan die ander ent. Uit een stuk met die toedekking, moet julle die gérubs aan die twee ente maak.
20 Die gérubs moet hulle vlerke boontoe uitsprei en die toedekking met hulle vlerke bedek en hulle gesigte moet na mekaar toe wees; die gesigte van die gérubs moet op die toedekking gerig wees.
21 Jy moet die toedekking bo-op die ark sit, maar in die ark moet jy die Getuienis sit wat Ek vir jou sal gee.