20 Die gérubs moet hulle vlerke boontoe uitsprei en die toedekking met hulle vlerke bedek en hulle gesigte moet na mekaar toe wees; die gesigte van die gérubs moet op die toedekking gerig wees.
21 Jy moet die toedekking bo-op die ark sit, maar in die ark moet jy die Getuienis sit wat Ek vir jou sal gee.
22 Daar sal Ek met jou ontmoet en van bo die toedekking af, van tussen die twee gérubs wat op die ark van die Getuienis is, met jou praat en alles sê wat Ek jou sal beveel aangaande die seuns van Yisra’el.
23 Jy moet ook ’n tafel van akasiahout maak. Sy lengte moet twee el, sy breedte ’n el en sy hoogte een en ’n half el wees.Heb 9:2
24 Trek dit oor met suiwer goud en maak rondom ’n goue rand daarvoor.
25 Maak ook daarvoor ’n rand van ’n handbreedte rondom en maak ’n goue vorm vir die rand rondom.
26 Maak vier goue ringe vir dit en sit die ringe vas aan die vier hoeke by die vier pote.