28 Jy moet die pale maak van akasiahout en dit oortrek met goud sodat die tafel daarmee gedra kan word.
29 Jy moet ook sy borde, sy panne en sy kruike maak en sy bekers waarmee gegooi moet word; van suiwer goud moet jy dit maak.
30 Jy moet voortdurend die brood van die Teenwoordigheid op die tafel voor My neersit.
31 Jy moet ook ’n lampstaander maak van suiwer goud. Die lampstaander moet van slaanwerk wees. Sy skag, sy arms, sy bakkies, sy knoppe en sy blomme moet uit een stuk wees.
32 Ses arms moet uit die sykante uitgaan: drie arms van die lampstaander uit die een kant en drie arms van die lampstaander uit die ander kant.
33 Drie bakkies, soos amandelbloeisels gevorm, moet aan die een arm gemaak word, met ’n knop en ’n blom en drie bakkies wat soos amandelbloeisels gevorm is aan die ander arm, met ’n knop en ’n blom; so moet dit wees aan die ses arms wat uit die lampstaander uitgaan.
34 Aan die lampstaander self moet vier bakkies wees wat gevorm is soos amandelbloeisels, met knoppe en blomme: