30 Jy moet voortdurend die brood van die Teenwoordigheid op die tafel voor My neersit.
31 Jy moet ook ’n lampstaander maak van suiwer goud. Die lampstaander moet van slaanwerk wees. Sy skag, sy arms, sy bakkies, sy knoppe en sy blomme moet uit een stuk wees.
32 Ses arms moet uit die sykante uitgaan: drie arms van die lampstaander uit die een kant en drie arms van die lampstaander uit die ander kant.
33 Drie bakkies, soos amandelbloeisels gevorm, moet aan die een arm gemaak word, met ’n knop en ’n blom en drie bakkies wat soos amandelbloeisels gevorm is aan die ander arm, met ’n knop en ’n blom; so moet dit wees aan die ses arms wat uit die lampstaander uitgaan.
34 Aan die lampstaander self moet vier bakkies wees wat gevorm is soos amandelbloeisels, met knoppe en blomme:
35 daar moet ’n knop wees onder die eerste paar arms en ’n knop onder die tweede paar arms en ’n knop onder die derde paar arms wat daaruit uitgaan; volgens die ses arms wat uit die lampstaander uitgaan.
36 Hulle knoppe en hulle arms moet uit een stuk wees; alles saam moet een stuk slaanwerk van suiwer goud wees.