34 Aan die lampstaander self moet vier bakkies wees wat gevorm is soos amandelbloeisels, met knoppe en blomme:
35 daar moet ’n knop wees onder die eerste paar arms en ’n knop onder die tweede paar arms en ’n knop onder die derde paar arms wat daaruit uitgaan; volgens die ses arms wat uit die lampstaander uitgaan.
36 Hulle knoppe en hulle arms moet uit een stuk wees; alles saam moet een stuk slaanwerk van suiwer goud wees.
37 Jy moet ook sewe lampe daarvoor maak en hulle moet sy lampe so rangskik sodat dit lig gee aan die voorkant.
38 Hulle snuiters en bakkies moet van suiwer goud wees.
39 Dit moet van ’n talent suiwer goud gemaak word; met al hierdie bybehore.
40 Sien toe dat jy dit maak volgens die model daarvan wat vir jou op die berg gewys word.Heb 8:5