8 Hulle moet ook vir My ’n afgesonderde plek maak sodat Ek tussen hulle kan bly.
9 Volgens alles wat Ek jou gaan wys; die bloudrukplan van die tabernakel en die bloudrukplan van alles wat daarby hoort; presies so moet julle dit maak.
10 Hulle moet ’n ark van akasiahout maak. Sy lengte moet twee en ’n half el, sy breedte een en ’n half el en sy hoogte een en ’n half el wees.
11 Jy moet dit oortrek met suiwer goud, van binne en van buite moet jy dit oortrek en jy moet ’n goue rand rondom bo-op maak.
12 Jy moet vier ringe van goud daarvoor giet en dit aan sy vier voete vassit, twee ringe moet aan die een kant en twee ringe aan die ander kant wees.
13 Maak pale van akasiahout, trek dit oor met goud
14 en steek die pale in die ringe aan weerskante van die ark om die ark daarmee te dra.